Orania Bed en Ontbyt

-Tim en Magda Horak-


Meer Inligting 
 

Kom oornag in ‘n veilige, rustige omgewing, geleë halfpad tussen Kaapstad en Gauteng.

Ervaar ons vriendelike plattelandse gasvryheid teen ‘n bekostigbare tarief. 

Ons Kamers
 

Ons het 3 kamers elk met sy eie badkamer

beskikbaar teen R 700.00 per kamer per nag 

 

Kamer 1: 2 Enkelbeddens

Kamer 2: Koningin grootte bed 

Kamer 3: Koningin grootte bed 

ONS DIENSTE
Verwelkomings Drankies

Geniet 'n verfrissende koel/warm drankie by ontvangs, na 'n lang reis

Ontbyt

Groot plaasontbyt R 80.00 per persoon Bespreek voorafgaande aand

TV en Gratis WiFi

Beskikbaar in elke kamer

Beskikbaar op aanvraag

Haardroër Strykyster en Strykplank Braaigeriewe; braaigerei en eetgerei indien u self wil braai

Gallery
Hoe Kan Ek Myself Besig Hou?
Nabygeleë Swembad

Verfris jouself na ‘n lang dag se reis in ons plaaslike swembad

 

 

Restaurante en Tee Tuine

Hier is ‘n verskeidenheid restaurante en tee tuine om by te kuier

Daaglikse Orania Toer 

Gratis besigtigingstoer word deur die dorp aangebied. Ons sal u plek op die toer bespreek 

Visvang en Staproetes

Bring jou visstokke en kom vang Geelvis in die Oranjerivier of verken die omgewing op die voetslaanpaadjies.

Verskeie vakansie aktiwiteite

Tydens Desemberskoolvakansies word daar verskeie aktiwiteite aangebied in die dorp; van kajak op die die rivier  tot kunsklasse en dansklasse

Snuffel Winkels

Gaan snuffel vir ouwêreldse skatte in ons knus snuffel winkeltjies

 

 

Museums en monumente

Besoek die Kultuurhistoriese museum en Verwoerdgedenkversameilng.

Kontak Ons

E-pos:  oraniabedenontbyt@gmail.com

Magda : 083 462 6289

Tim: 071 992 2941 

Diamantlaan 9, Orania , Noord Kaap